Kinders voel alles ten volle en het nog nie die woorde nie. Ons werk as volwassenes is nie om die gevoel weg te neem nie, maar om dit ‘n naam te gee.
Buig tot op oyehoogte, praat sag en noem die gevoel: ‘Jy is regtig kwaad omdat die blokkie gebreek het.’ Dit klink te eenvoudig om te werk, maar ‘n gevoel met ‘n naam is ‘n gevoel wat kan gaan.
Daarna kom die grens: ‘Jy mag kwaad wees, maar jy mag nie slaan nie.’ Liefde en grens is nie teenstanders nie – hulle is span.




